Tuesday, May 19, 2015

My kind hakkel, hoe nou?

My kind hakkel, hoe nou?

As jy as ouer agter kom dat jou kind hakkel, 
is daar 'n paar goed wat jy as ouer by die huis kan doen om die lewe vir jou kind makliker te maak.

  • Praat met jou kind sonder om te jaag en stop gereeld : Wag 'n paar sekondes nadat jou kind klaar gepraat het, voordat jy begin praat.

  • Modelleer rustige, stadige, sagte spraak aan jou kind deur die manier hoe jy deur die dag / in die aand met hom/haar gesels.

  • Verminder die aantal vrae wat jy aan jou kind stel. Lewer eerder kommentaar. Byvoorbeeld, i.p.v. 'Hoekom doen jy dit?' se eerder 'Dis 'n snaakse manier hoe jy ( dit ) doen, ek sou ( dit )  gedoen het'.

  • Maak gebruik van gesigsuitdrukkings en ligaamstaal om vir jou kind te wys jy gee aandag en dat jy luister wat sy / hy wil se. Luister na WAT jou kind se, nie HOE hy dit se nie.

  • Neem elke dag 'n paar oomblikke waar jy net 'n paar minute onverdeelde aandag aan jou kind gee. Laat jou kind besluit wat julle gaan doen - of dit nou is om te praat om nie.

  • Verminder die omgewing - of huidige stressors so veel as moontlik.

  • Sorg dat jou kind genoeg slaap kry.

  • Probeer verseker dat die omgewing en roetine so RUSTIG moontlik is.

3 comments:

  1. My seuntjie begin per nu....hys 3jaar...hy hakkel...sy chrech juffrou se dis n fase..dit sal oorwaai...help asb voor dit vererger

    ReplyDelete
  2. My dogterjie is 2 en n half sy sukkel net my ek ek dan daarna is dit fine dis net asof sy te opgewonde raak en nie verby ek kan kom nie, moet ek bekommerd wees wat moet ek doen enige raad asb

    ReplyDelete